Oratorium

'n Oratorium (afgelei van die Kerklatynse oratorium "gebedshuis", "bedehuis" en Latyns orare "aanbid") is 'n groot musikale komposisie vir orkes, koor, en soliste.[1][2]

Die term oratorium, soos gebruiklik in Afrikaans, verwys na die oorspronklike Romeinse oratorium of gebedshuis waar nie-liturgiese musikale gebedsdienste gehou is. Later is met dié term in baie tale, waaronder Italiaans, Duits en Nederlands, ook na die musikale komposisie verwys. Ander tale - soos byvoorbeeld Engels en Frans - maak 'n onderskeiding tussen die gebedshuis (Engels: oratory, Frans: oratoire) en die musikale genre (oratorio).

  1. Oxford English Dictionary: "A large-scale, usually narrative musical work for orchestra and voices, typically on a sacred theme and performed with little or no costume, scenery, or action."
  2. Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal: oratorium s.nw. [~s of oratoria] (Lat.) 1 (mus.) Bybelse musiekdrama vir solostemme, koor en orkes 2 bidvertrek

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search